HEFPA is gestig deur inwoners en grondeienaars in die Govan Mbeki munisipale area en geregistreer by die destydse DAFF (nou DFFE) sedert 2001.

Daar is baie redes hoekom elke grondeienaar of persoon verantwoordelik vir grond aan ‘n brandvereeniging behoort:

  • Lidmaatskap gee ‘n samehorigheid in die omgewing en tussen sy mense.
  • Kommunikasie oor brande, voorbrande en brandgevare word sentraal gekommunikeer.
  • HEFPA verskaf gratis brandbestrydingsopleiding aan sy lede en hulle werkers.
  • Die brandvereeniging stuur daagliks die Brandgevaar Indeks en die voorspelde wind vir die dag aan sy lede.
  • Die brandvereeniging kondig ‘n brandverbod af vir die omgewing wanneer daar ‘n hoë brandgevaar is.
  • Vure tydens die brandverbod mag slegs gemaak word wanneer die brandvereeniging permitte vir die maak van die vuur uitreik.
  • Heelparty versekeringshuise weier om brandversekering dekking aan persone sonder bewys van lidmaatskap by die brandevereeniging te gee.
  • HEFPA doen gratis brandondersoeke namens sy lede en verskaf ‘n brandverslag wat gebruik kan word vir eise en litigasie.

Nalatigheid

  • Wanneer ‘n brand van enige persoon se grond oorgaan na ‘n ander eienaar se grond word die persoon waarvandaan die brand gekom het as nalatig gesien tot die teendeel bewys is.
  • Hierdie bepaling is nie van toepassing op lede van ‘n brandevereeniging nie, aangesien lidmaatskap tot ‘n brandvereeniging die bewyslas op die persoon waarheen die brand gegaan het plaas.

Reëls van HEFPA

  • Die HFPA reëls is van toepassing op alle grondeienaars en persone in beheer van grond in die Govan Mbeki area, en nie net van toepassing op die HEFPA lede nie.
  • Die voordeel om lid te wees van HEFPA is dat lede altyd toegang tot die reëls en die interpretasie daarvan het.

Mpumalanga brandvereenigings

HEFPA is ‘n trotse lid van MUFPA, wat die sambreel organisasie vir al die brandevereenigings in Mpumalanga is.

Deelname aan MUFPA beteken samehorigheid tussen HEFPA en die brandevereenigings waaraan ons grens.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *